top of page
Stamouers van die Viljoens

Stamouers van die Viljoens

Francois Viljoen, onder die naam Francois Vilion, het Texel (die hawe van Middelburg) in Nederland as soldaat aan boord van die skip ‘t Huis te Velsen, 'n vaartuig van 750 ton, op 11 Oktober 1671 onder bevel van Kapt Sieuwert Roos verlaat; dit arriveer in Tafelbaai op 14 Februarie 1672.

Na sy aankoms aan die Kaap van Goeie Hoop werk Francois kortstondig as soldaat vir die VOC, maar tree dan in diens van Marten Leendertsz, ‘n vryburger en wamaker aan die Kaap. 

Die Kaap in die 17de eeu

Alhoewel die inskrywing verwys na François as ‘n “soldaat”, beteken dit nie noodwendig dat hy as ‘n militêre soldaat by Leendertsz gewerk het nie. Die melding van “soldaat” het meer te doen gehad met die feit dat hy aldus in die soldyboek van die VOC opgeteken is en dat sy familie, indien François sou omgekom het, na sy dood sy uitstaande gelde kon opeis

Op 18 Aug 1673 word Francois deur die VOC op sy versoek vrygestel as 'n vryburger en beskryf as "vry wagenmaker, 'n beroep wat hy met groot sukses beoefen..

 

 

 

 

 

Huweliksinskrywing van Francois Signon (sic) enCornelia  Campenaar

 

Op "17 Maij 1676“ tree hy in die Hollandse Kerk in Kaapstad in die huwelik met Cornelia Campenaar – 4 jaar en 3 maande nadat hy aan die Kaap gearriveer het. Die volgende inskrywing kom voor in die huweliksregister (tans in bewaring is van die N.G. Kerkargief in Stellenbosch): "Francois Signon j.m. van Clermont, vrijburger alhier, met Cornelia Campenaar j.d. van Middelburgh.“

Kaap17deEeu.jpg
Huweliksinskrywing.png
grondbrief.jpg

Deel van die grondbrief vir die toekenning (postuum) van Iddasvallei in Stellenbosch aan Francois Viljon, onderteken deur goew Simon van der Stel

Na 'n verblyf van enkele jare as vryburger aan die Kaap, was Francois Viljoen een van die uitgesoekte burgers aan wie die goeweneur Simon van der Stel in 1682 'n plaas Idasvallei toegeken het aan die voet van Simonsberg, buite die pas gestigte dorp Stellenbosch. Hier het hy as vryburger tot aan sy dood, vermoedelik in 1689, op die plaas Idasvallei geboer. Ofskoon die grondbrief van die plaas eers op 2 September 1692, dus na sy dood, uit¬gereik is, het Francois Viljoen die plaas reeds in 1682 as eiendom ontvang. 

Uit die huwelik is ses kinders gebore, waarvan vier in Kaapstad en twee op die stamplaas Idasvallei by Stellenbosch. Twee seuns, naamlik Henning en Johannes Viljoen, het die familienaam voortgeplant. Toe die stamvader in 1689 oorlede is, is sy weduwee Cornelia agter gelaat met ses kinders (van ouderdomme 12, 11, 7, 5, 3 en 1 jaar onderskeidelik), waarvan die jongste, Francina, na die stamvader self vernoem is (en waarskynlik kort na sy dood gebore is). As weduwee hertrou sy op 1690.04.14 met Wemmer Pasman, by wie sy drie kinders het. 

bottom of page